Dante Gabriel Rossetti

Dante Gabriel Rossetti
Portret van Dante Gabriel Rossetti c. 1871, deur George Frederic Watts
Gebore
Gabriel Charles Dante Rossetti

(1828-05-12)12 Mei 1828
Londen, Engeland
Sterf9 April 1882 (op 53)
Birchington-on-Sea, Kent, Engeland
BeroepSkilder, digter, illustreerder
EggenootElizabeth Siddal (1860 -1862)
Handtekening

Gabriel Charles Dante Rossetti (12 Mei 1828 – 9 April 1882), algemeen bekend as Dante Gabriel Rossetti (Engelse uitspraak: r|ə|ˈ|z|ɛ|t|i),[1] was ‘n Engelse skilder, illustreerder, digter en vertaler. Hy was ‘n lid van die Rossetti-familie. Hy het in 1848 die Broederskap van die Pre-Rafaëliete saam met William Holman Hunt en John Everett Millais gestig. Rossetti sou later die hoofinspirasie vir ‘n tweede generasie kunstenaars en skrywers word wat beïnvloed is deur die beweging, mees noemenswaardig William Morris en Edward Burne-Jones. Sy werk het ook die Europese Simbolisme beïnvloed en was ‘n voorganger van die Estetiese beweging.

Rossetti se kuns word gekenmerk deur sensualiteit, welke kuns betrek word by die middeleeuse herlewingsbeweging (dit wil sê diè voor Rafaël, en veral sy opvolgers – derhalwe die benaming die beweging of broederskap van die Pre-Rafaëliete - alhoewel dit eintlik gaan om die opvolgers van Rafaël en hul kuns). Sy vroeë digkuns is beïnvloed deur John Keats. Sy latere poësie is gekarakteriseer deur die ingewikkelde verweefdheid van gedagtes en gevoelens, veral in sy The House of Life. Poësie en beeld is nou verweef in Rossetti se werk. Hy het dikwels sonnette geskryf om sy skilderye te begelei, soos The Girlhood of Mary Virgin (1849) en Astarte Syriaca (1877), terwyl hy ook kuns geskep het om gedigte te illustreer soos byvoorbeeld Goblin Market deur die gevierde digter Christina Rossetti, sy suster.

Rossetti se persoonlike lewe was nou verweef met sy werk, veral sy verhoudings met sy modelle en muses Elizabeth Siddal (met wie hy getrou het), Fanny Cornforth en Jane Morris.

  1. "Dante Gabriel Rossetti - Definition, pictures, pronunciation and usage notes - Oxford Advanced Learner's Dictionary at OxfordLearnersDictionaries.com". oxfordlearnersdictionaries.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Februarie 2014. Besoek op 8 Desember 2012.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search